Letters to Angelo

Letters & Tributes

From the Heart

The words of the people who loved him — written from the heart, and kept here exactly as they were written.

Letter 01
Dean Abel and Angelo standing together, arms around each other, on a wooden deck beside a bushveld pool under a big summer sky

Dean Abel

Soos jy weet - sal ek tot stry met die dood

Ek weet jys nie weg nie, ek weet jy het net fases verander, ek weet jys hier.

My - Buurt maatjie Laerskool maatjie Na-skool maatjie Hoërskool Vriend Veld Vriend Reguit Vriend en Eerlikste Vriend Beste vriend en Boetie

Net soos ys verander in water en water in stoom - en weer tot dieselfde water as dié in my trane,

So bly jy vir my, deel van alles, daar waar lewe is,

Want ek weet jy is in die lewe ingeskryf, in myne, jou familie, vriende en elke plek tussen-in s'n

Ek kan boeke skryf Ek kan liedjies voel Ek kan herinneringe ervaar Ek kan ons planne en drome sien

Dit is en bly lewendig in my

In oomlike waar vriende mekaar se siele uit trek

In die berge, bome, woude en riviere, selfs die see en die diere. Orals waar ons was, en oral waar ons wou gaan.

In die kuiers In grappies In die veld In die trips In die visvang

Jy sal saam wees Vir die grotes

Angelo, my ou - Ons gaan nog pret hê, en ek dink jy weet dit.

Ek wil vir jou dankie sê vir dit.

Dankie vir jou Waarheid, Dankie vir jou eerlikheid, Dankie vir jou Voorbeeld, Dankie vir jou Passie, Dankie vir jou liefde vir die mooi, Dankie dat jy hier was en

Dankie dat jy Een Donnerse goeie vriend was.

Jy was Regtig die Beste Jy

Dean Abel

Letter 02
Angelo in his graduation cap and gown standing beside his mother, both smiling, in front of a dam and trees

Mamma

My Liefste Krikkel Kriks

My hart is in tienduisend stukke geskeur en vir die eerste keer in my lewe het ek nie woorde nie.

My rots, my steunpilaar my hele lewe en soos almal sê my oogappel sonskynkind is weggeruk en ek kan geen sin maak nie.

Hoe neem ’n ma afskeid van haar seun vir wie sy met haar hele lewe innig lief het. Ek weet nie, wat ek wel weet is dat God genadig is en Hy sal my vertroos.

Jou stem en lag is stil vandag....die natuur en diere treur saam en ook Kattie en Nala gaan jou vreeslik mis. Ons lewens sal nooit weer dieselfde wees sonder jou nie -ons mis jou klaar my Krikkel. Jy het diep spore in ons harte getrap.

Jou liefde vir die natuur en God se skepping was “amazing”, daai selfde liefde leef vandag om ons. Ons koester jou in elke voeltjie, diertjie, die sonsopkoms en ondergang, die see,en jou gunsteling berge- dit als is vir my herinnering aan jou my Kriks.

Jy het altyd voluit gelewe en soos jy groter geword het sou niks jou stop om al jou drome te verwesenlik nie al het dit soms my asem weggeslaan.....

Jy was geliefd my kind en ’n voorbeeld vir almal wat jou geken het.

My hart het altyd van trots gebons as ek van my natuurkind gepraat het. Jy was ons “entertainer” en “adrenalien junky” en almal het aan jou lippe gehang, want jou lewe was een groot avontuur en almal wou deel wees van jou avontuur.

Rus sag my Kriks. Tot ons mekaar weer sien.

Die leemte wat jy los is in ons hele Familie en Vriende se harte is onbeskryflik groot.

Baie Liefde Mamma 🐾🐾🐾❤️❤️

Letter 03
Angelo holding his sister Anysha in a tight, loving hug, his cheek resting on her shoulder

Anysha Robbertse

Ons krikkel, my Angelo, my boetie-beer…

Waar begin mens? Hoe maak mens sin van iets wat geen sin maak nie? Hoe aanvaar ek dat jy nou net… weg is?

Ons was twee weke terug nog saam.

Nou lê ons harte in skerwe.

Jy was my heel eerste beste maatjie – stukkende knieë en vuil gesiggies, maar altyd twee harte wat saam geklop het – myne en joune.

Jy was nooit net my broer nie… jy was my ander helfte.

Dankie vir ons – vir elke oomblik van grootword saam: saam huil, saam val, altyd lag, lekker baklei, mekaar terg, alles deel – maar nooit verveeld.

Ek glimlag deur my trane oor ons kindertyd-herinneringe: fietsresies in die straat, draadkar ry tot ons daai cool 4x4’s gekry het, dak-piepies saam Aban, swuurmkars, spinnekoppe teen die ligte – jy het my altyd laat gil, jou slange wat my half dood laat skrik het, cheesies by die dorpsswembad, Oros by Spar met jou bike, swem tot jou vingers krimp, bodyboards in Durban – altyd die diepste jy, sit by die duiwe saam met Diaan, piesangs haal onder by die boord met die bokse teen die wal af…

Jy het ’n manier gehad om elke dag beter te maak. Jy het gelag soos niemand anders nie, en jy het almal rondom jou ligter laat voel.

Lief vir jou met my hele hart, tot ewig en verder. Vir altyd 35, my boetie. Jou sus, Anysha xxx

Letter 04
Tannie Dina holding baby Angelo, a smiling little blond boy, on a sunny lawn

Tannie Dina

My Angelo

As ’n klein blondekop seuntjie het jy op my hart kom sit en nog nooit weer afgeklim nie. Al wat ons oor het is die mooi herinneringe wat jy vir ons gelaat het, en nie eers met dit was jy suinig nie.

Ons het liefde en omgee in oorvloed by jou gekry.

Jy was altyd gereed met ’n grappie en jy was die beste nefie vir Dean, Phillip en Genique. Jy het hulle so baie geleer en van ons almal se kosbaarste oomblikke was die plaasnaweke, die wildtuin en veld motorfiets ry.

Hulle het so opgekyk na jou en het jou bewonder. Jy was vreesloos, maar terselfdertyd verantwoordelik en het jy altyd so mooi na hulle gekyk.

Toe die pofadder jou gepik het op die plaas met Dean se verjaarsdag het jy stilletjies dit self probeer “handle” want jy wou nie jou Ma ontstel nie.

Ons was mal van bekommernis toe jy hospitaal toe is, maar jy het nie vir een oomblik opgehou smile nie. Dis of jy geweet het jy gaan okay wees.

Ek glo jy het baie fantastiese oomblikke gehad in die lewe, want jy het ten volle geleef!! Jy kon ’n partytjie in ’n japtrap lewendig maak. Jou sin vir humor was “next level”.

Ons enigste spyt is dat ons vanselfsprekend aanvaar het dat jy ALTYD daar sal wees en hierdie is die seerste seer wat ons nou deurmaak. Jy sal vir altyd in ons harte wees en ons sal jou naam altyd spreek. Ons is so lief vir jou en jy laat die grootste leemte ooit. Ons sal nooit weer dieselfde wees nie en al troos wat ons het, is dat ons jou eendag weer gaan sien. Vir nou sal ons na jou soek in die Natuur, tot ons weersiens.

Ek gaan jou ondeunde glimlag en “Hello Tannie Dina manier” wat jy my gegroet het so mis. Ek sien jou so voor my. Daar was net 1 van jou.

Met liefde

Tannie Dina xxx

Letter 05
Angelo with his arms around two family members indoors

Violet Smook

Hoe se mens totsiens. Jy is weg en dit is moeilik om te aanvaar.Jy het vir ons almal gewys wat dit is om ten volle te lewe. Jou glimlag jou grappies en stories. Jou Liefde vir mense en diere en alles om jou.Jy het tot aan die einde gedoen waarvoor jy Lief was. Rus sag Angelo. ❤️

Violet Smook

Letter 06
Angelo with family and friends smiling together in an airport arrival hall

Tannie Dalene, Oom Braam & Lizzie

Ons liefste Krikkel, ons slimme natuurkind, ons familie se Jane Goodall,

Vandag stuur ons jou met soveel liefde en gebrokenheid op jou volgende avontuur … tot ons weer ontmoet my liefste kind.

Ons gaan jou soek en vind in die geritsel van die Kiepersol blare, die geruis van die wind deur die Mopanie take, die lied van die Bokmakierie, die gekwaak van die paddakoor, die blaf van die Bobbejane, gesnork van die Renosters, gelag van die Hiënas, ons gaan weer ontmoet in die tuin van Eden.

Tannie Dalene, Oom Braam & Lizzie

Letter 07
Angelo with family and friends smiling together in an airport arrival hall

Elizna Coetzee

Angelo was not just my cousin — he was a guardian of life in all its forms.

A wildlife protector. A game farm vet’s assistant. And above all, a man who saw every creature — big or small — as a soul worth saving.

This is a life that was, in every sense, intertwined with the natural world — a life that embodied the best of what humanity can be.

He lived by an unspoken vow: to tread lightly on this earth, and to leave it better than he found it.

Whether he was tending to an injured impala, or bottle-feeding an orphaned cub, Angelo reminded us that compassion isn’t limited to humans — it’s a force that transcends species.

His hands carried both strength and gentleness. And his heart held the patience of someone who understood that nature doesn’t hurry — yet everything is accomplished.

In the Netflix interview "Famous Last Words with Jane Goodall," Jane said something that resonates so deeply when I think of Angelo.

Her message is one of hope — the belief that despite all the destruction, cruelty, and greed that plague our world, there are still people who choose to care. Who choose kindness. Who choose service. Who choose to protect, rather than exploit.

Angelo was one of those people.

He didn’t just study animals — he listened to them.

He didn’t just protect wildlife — he understood that doing so was, in a way, protecting us all.

He was living proof that humanity still has goodness worth fighting for.

He reminded us that our humanity is measured not by how much we take, but by how much we give back to the living earth that sustains us.

Angelo’s story is not one of grand speeches or worldly fame. It’s one of quiet, persistent decency — the kind that moves mountains one pawprint at a time.

His life was a whisper to the world that said: We still have a chance to do better.

I ask that those of us who love him not only mourn him — but continue him.

By being kinder. More curious. More protective of the world around us.

Let’s carry forward the light that he carried — the same one Jane Goodall spoke of — that small but unyielding flame of hope that says: "Even one person can make a difference."

Our hearts are forever broken and crushed under the weight of the life we now have to face without you beside us, when we had never known one without you.

Rest easy, Angelo.

The earth is softer because of your touch. And somewhere in the tall grass — the wild things remember you.

Elizna Coetzee

Letter 08
Family photograph from a wedding day: young Angelo in a blue shirt and tie standing with his family in front of palm trees

Pappa Buks

Van skool af was Spikkels vol lewe en waaghalsig. Dinge soos die “GROOT SWAAL” by Sabie, go carts, quad bikes (hy en sy chommies het oor mekaar ge-ramp), in die berge gaan klim, motorbote resies gery ens. Hy was al van kleins af agter diere aan – slange, spinnekoppe, skerpioene, bearded dragons selfs ’n krokodil in sy kamer aan gehou.

Toe hy begin werk het het sy volle lewe uitgeleef met die veld en diere, hy het my mond net laat oophang met alles in die veld en diere waarmee hy besig was. Ek gaan hom die res van my lewe onthou van wat se impak hy op almal gehad het.

Pappa Buks

Letter 09
Angelo in a white wig laughing with Dean at the party

Dean

Aan my coolste neef,

Jy het my en my vriende baie geleer! Ons het altyd na jou opgekyk — jy was absoluut ons rolmodel! Van goue vissies sluk vir vermaak, tot slange vang “want jy kan”, tot bike ry tot jy rol — net om ons te wys hoe dit gedoen word.

My kinderlewe, verjaarsdae, skoolvakansies en plaasnaweke was vol avontuur as gevolg van jou, en my lewe as grootmens gaan nou stil wees weens die leemte wat jy agterlaat...

My hart is stukkend, en ek sukkel om vrede of sin te maak van dit alles, maar ek troos myself met die wete dat jy op ’n beter plek is.

Dankie vir die mens wat jy was en die impak wat jy op my lewe gehad het. Ek sal jou in my hart hê met elke avontuur wat ek aanpak in die toekoms van nou af. Jou neef Dean

Letter 10
A black and white portrait of five young men including Angelo

Phillip

Angelo, Dankie neef vir al die goeie tye saam , jy was altyd ‘n fees , ek gaan jou verskriklik mis, dit voel so onwerklik , jy was te vroeg kom haal . Sal jou altyd in my hart hou.

Phillip

Letter 11
A black and white group portrait of Angelo with family members of all ages

Genique

Liefste neef, My woorde is min en my hart in stukke, maar om aan jou te dink en ons herinneringe saam as kinders bring soveel vreugde en glimlagte. Jy was altyd ‘n bok vir sport, grapjas en die life of the party. Jy het voluit gelewe sonder vrees of twyfel. Jy het my geleer om bietjie brawer te wees veral wanneer dit kom by slange. Ek gaan jou mis my neef. Hou vir my ‘n plekkie langs jou en Jesus. Baie liefde, Genique

Letter 12
Angelo standing beside a woman in a white dress at a celebration

Clauréne Loots-Erasmus

Woorde ontbreek my nogsteeds . Jys Nou Al n dag weg... Daar het Dae omgegaan wat ons Nie gepraat het nie soms maande.. maar net die wete dat ons jou verloor het laat my Hart nogsteeds brand. Die wêreld was 'n beter plek met Jou.. en Al was ons stil soms het Ek geweet jys net n boodskap vêr.

Voel of ek van iemand Anders praat as Ek van jou praat, jy was altyd 'n sonstraal Vir my. Jyt die familie Helderder gemaak❤️

Mag jy in vrede rus my Krukkel. Kan Nie wag tot Ek weer jou lag Kan hoor of Saam jou jou moeder Se duur Wyn Kan uitdrink Nie.

Jy was merkwaardig.

Lief jou Vir altyd...

Clauréne Loots-Erasmus

Letter 13
A black and white portrait of five young men including Angelo

Martin

Angelo- ek sal jou onthou as ‘n "Live and let live" mens, jy het gedoen waarvoor jy lief was elke dag, ‘n voorbeeld vir ons almal . Ons kuiers was min maar kosbaar ! Rus in vrede my neef

Martin

Letter 14
A black and white group portrait of Angelo with family members of all ages

Talitha

Angelo.. hoe sê mens totsiens vir iemand wat soveel glimlagte op soveel gesigte gesit het. Jy sal altyd onthou word as iemand wat sterk gestaan het in lewe , enige avontuur ywerig aangepak het voluit gelewe het vir jou werk, familie en gelieftes.

Jy gaan baie gemis word. Talitha

Letter 15
Angelo and a friend smiling in a selfie at an outdoor bar

Milky

Angela Roberto my broer. Jy het gelewe soos geen ander. Ek is só bevoorreg om jou vir meer as meeste van my lewe te kon ken en ervaar. Jy was ’n ervaring. Ons sal altyd lief wees vir jou. Rus sag Angie. Jou vriend Milky

Letter 16
Two friends relaxing in camp chairs outside a wooden cabin in the forest

Larrie

My Vriend. Boeta.... jyt die mees waardevolle rol as Matie gespeel in my lewe... Jy was diep tog reguit tot die punt. Angelo Rob jy los meer as net n leemte na, my Buddy.. Rus sag my Vriend. Larrie

Letter 17
A black and white portrait of five young men including Angelo

JC

Angelo As ek terug dink aan al die herinneringe. Jy het my altyd saamgenooi as jy saam jou pelle uit was, dit het baie vir my beteken. Ek kan onthou as ons Pa se Hilux na kerk gevat het en hindernis gaan ry het. Die tye wat ons sommer net by 'n plek stop en hike en die wonderlike natuur bewonder. Toe jy die boot gekry het en ons was dam toe en jy maak oop ketels en ek hou vas vir my lewe. Dit was 'n lekker dag. Jy was moeilik maar jy het 'n goeie hart gehad. Ek mis jou.

JC

Letter 18
Angelo in a red cap smiling with Anzelle beside a sunny seaside street

Anzelle

Liefste Ouboet, Dis moeilik om woorde te kry vandat jy nie meer hier is nie. Die wêreld voel stiller sonder jou aansteeklike lag, sonder daardie grappies van jou wat altyd almal laat huil het van die lag. Jy het ’n manier gehad om lig in enige donker plek te bring. Jy was lief vir die natuur — die veld, die bome, die sonsondergange en die diere. Dis asof jy vrede kon vind in elke wind wat waai en elke voël wat sing. Ek dink as ek nou weer die berge sien of die rivier hoor loop, sal ek aan jou dink. Jy was deel van alles wat mooi en eenvoudig was in hierdie lewe. Ouboet, jy het ’n hart van goud gehad. Altyd eerste om te help, altyd daar wanneer iemand jou nodig gehad het. Jy het nooit twee keer gedink om jou hand uit te steek nie. Jy het vir my opgestaan meer kere as wat ek kan tel, en ek sal dit nooit vergeet nie. Jy was nie net my ouboet nie — jy was my vriend, my beskermengel, en soms my kompas as ek myself verloor het. Ek wens ek kon net nog een keer saam met jou sit en lag, net nog een van daardie lang geselsies hê waar ons alles en niks praat nie. Jesse se hartjie is baie seer. Hy sê sy Oom Angelo is nou in die hemel, en dat Oom Angelo vir altyd sy best friend sal bly. Ek weet jy kyk van daarbo af na hom en oor ons almal. Dankie vir wie jy was. Dankie vir alles wat jy vir my en vir almal om jou beteken het. Jy sal vir altyd in my hart bly, in elke herinnering, in elke lag en elke traan. Rus sag, Ouboet. Tot ons mekaar weer sien. Liefies jou klein sussie Anzelle.

Letter 19
A black and white group portrait of Angelo with family members of all ages

Cindy

Angelo..... Woorde sal nie kan beskryf hoe ek nou voel nie...... ek sal ons opgroei jare vir altyd onthou.... dit sal in my hart bly verewig!..... ek gaan jou baie mis!........ Jou niggie Cindy

Letter 20
A black and white group portrait of Angelo with family members of all ages

Rachelle

My liefste neef

Jy was ‘n merkwaardige mens, jy het altyd voluitgelewe. Vandag sit ek met trane in my oë om vir jou te groet. Dit is baie swaar, maar neef jy het altyd die beste gemaak van die lewe. Dankie vir ons kuiers op die plaas die qaud-bike rides en die bangmaak met al jou slange neef. Jy moet sag rus en ons gaan defnitief jou mis. Ek wens jy kon my seuns ontmoet en hulle meer leer oor wat jy gedoen het met die diere.

Rachelle

Letter 21
A black and white group portrait of Angelo with family members of all ages

Charlene

Liefste Angelo

Dit was een groot skok toe ek die boodskap ontvang het. Dit voel nog steeds so onwerklik. Ek sal vir ewig ons kinderdae en vakansie saam koester en onthou. Jy was ons grapjas, waaghalse en altyd bereid om iets aan te vang neef. Angelo jy moet sag rus en lekker kuier saam Ouma en Oupa.

Liefde Charlene

Letter 22
Angelo and a colleague working on a sedated buffalo beside a bakkie in the veld

Jacques Loots

Alwyn Venter en Angelo Rob, wat 'n verlies.

Maat, ek weet jy sal nie met my wil plekke ruil van waar jy nou is nie, maar terwyl ons aan dié kant is, is daar verskriklik BAIE mense wat jou met hartseer gaan mis.

Alwyn, ek salueer jou as 'n man van onwrikbare integriteit!! Jou werk etiek, jou woord... daar is min wat dit ewenaar. Jy't my lewe beslis verryk, en ek weet baie ander sin ook.

Jy was die enigste veearts saam met wie ek ooit gewerk het, wat my en my personeel met presies die selfde respek en deernis hanteer het. Selfs Angelo het altyd gesê: "Hy is nie my baas nie, hy is my vriend, alhoewel hy my baas is." Altyd kalm onder die hoogste druk. En altyd reguit en eerlik.

Mag jou legacy voortleef in die mense se lewens wat die voorreg gehad het om jou te kon ken.

Jacques Loots

Letter 23
Angelo and his racing partner standing together holding their trophies outside a building

Redline Racing South Africa

It is with the heaviest of hearts that I have to say goodbye my co pilot of many years Angelo Rob , You were there from the beginning throu years of racing from hardbottoms to the2017 world championships, you were a honest loyal friend and im gna miss you my brother...🏁🔥💯💔

Redline Racing South Africa

Letter 24
The Nyumbu Wildlife logo with buffalo horns

Nyumbu Wildlife

💔 In Loving Memory of Dr. Alwyn Venter and Angelo Robbertse 💔

Our hearts are broken as we say goodbye to two incredible people, Dr. Alwyn Venter and his assistant Angelo Robbertse.

Dr. Venter was more than just our vet, he was a friend, a guide, and someone we trusted deeply with our animals and our hearts. Angelo’s quiet dedication and kind spirit always shone through in every visit. Together, they brought comfort, care, and laughter to our farm and to so many others.

We are so grateful for the compassion and friendship they shared with us over the years. Their loss leaves an emptiness that words can’t describe.

Our thoughts and prayers are with their families and loved ones during this heartbreaking time. 🕊️

Rest peacefully, Alwyn and Angelo. You will always be part of our farm family. 🤍

Nyumbu Wildlife

Letter 25
The Swa-Zulu game lodge entrance with two bronze buffalo sculptures under a blue sky

Rudi Delport

My liewe vriende- Alwyn en Angelo.... RIV

Die langpad Kaap toe is moeilik en ek moet gereeld stop om myself weer sterk te maak om te fokus, want ek kan nie help om só emosioneel te wees met soveel herinneringe wat deur my kop maal tydens dié alleentyd nie.

Alwyn, vanaf begin 2018 het jy saam met ons by Swa-Zulu Game Lodge gegroei... Vir my was jy baie meer as my veearts- jy was 'n vriend en iemand met wie ek oor enigiets kon gesels het.. al het jy nie met al my lewenskeuses saamgestem nie-- het ons mekaar se opinies gerespekteer... jy was die een wie my kon kalmeer indien een van my diere siek/ beseer was... Dié eerskomende naweek gaan stil wees op Swa-Zulu-- dit sou jou jaarlikse verjaarsdag naweek saam met jou mense gewees het- ons geskenk aan jou... dié sal natuurlik oorgedra word aan Leanne Venter sodat ons jou lewe elke jaar kan "deel"... Angelo, 'n man wat letterlik 'n bul by die horings kon pak en geweet hoe om die grondspan (wat jy elkeen op hul naam genoem het) te bestuur. Jy het my ook goed rondgejaag om te help en dan vir my net geknipoog en gesmile wanneer jy die kyk kry... 😁😁 dier kom 1ste en ons vra na die tyd vir mekaar onverskoning... Tot die heel einde was jy Alwyn se regterhand.

Saam het julle 2 vir baie vermaak gesorg-- ek en my ander gaste met BSV se vriende braai onthou goed hoe jul vir ons vermaak het om "horings" met 'n caliper te wou meet... 🤣🤣 gelukkig was dit nie op TV nie...

Jul het elke dier in my teelkampe geken- hulle name ook, want dis hoe ek na hul verwys. Sonder twyfel het ek jul vertrou om met respek en liefde my diere te behandel al was ek self nie daar nie. Met 'n glimlag onthou ek al ons grappies... lekker lag en dinge deel terwyl ons diere dart vanaf my groenkoets... Alwyn langs my en Angelo reg agter ons met die tas vol medisyne en goed... dit gaan nooit weer so wees nie...

Alwyn, jou laaste boodskap laasweek aan my sê presies die mens wie jy is en ek sal dit vir altyd saam met my hou.

Met fase 2 van ons nuwe hoofingang is ons tans besig om 6 pilare te bou waar elke pilaar met pot daarop en aalwyn daarin iemand sal verteenwoordig wat Swa-Zulu help opbou vanuit niks tot waar ons vandag is... só sal ons jul nooit vergeet nie en jul altyd deel hê... 🤗

Rus my vriende en weet dat ek baie lief vir beide van julle is en. Dit is my voorreg om jul deel van my en Swa-Zulu te kon hê... ek en my span sal jul nooit vergeet nie.

Aan die families én vriende van Alwyn, Angelo en Anlo... woorde het ek nie, maar weet dat dat ons elkeen saam met jul in rou is. Mag God ons seën met berusting... 🙏

Rudi Delport

Letter 26
Angelo and friends posing with party-prop masks and moustaches at a wedding

Suzanne Brüssow and Ernst Brüssow

Liewe Angelo,

My hart is swaar vandag. Gister het ons ’n lig verloor wat altyd helder geskyn het – jy was die siel van elke partytjie, die grapmaker wat ons almal laat lag het, selfs op ons donkerste dae. Jou liefde vir die lewe en jou vermoë om vreugde te bring was iets besonders.

Ons het soveel kosbare herinneringe saam gemaak – oomblikke van lag, van avontuur, van ware vriendskap. Daardie herinneringe sal ons vir altyd koester. Jy het ’n merk op my en Ernst se lewe gelaat wat nooit sal vervaag nie.

Aan jou familie – Ons stuur ons diepste simpatie en liefde. Mag julle troos vind in die wete dat Angelo se gees voortleef in elke lag, elke storie, en elke hart wat hy aangeraak het.

Rus sag, ons vriend. Jy sal altyd onthou word – nie net vir jou humor nie, maar vir jou groot hart en die liefde wat jy uitgedeel het sonder voorbehoud.

Tot ons weer ontmoet. 😭

Suzi en Ernst ❤️

Your words for Angelo

Share Your Tribute

Write a memory, a message or a tribute to Angelo, in English or Afrikaans, and add a photograph if you wish. The family reads every tribute before it is shared here.

A photograph (optional)

You may write in English or Afrikaans. Your words and photograph stay private until the family has approved them, and are shown exactly as you wrote them.

No shared tributes have been approved yet. Be the first to write to Angelo.

Every letter is a footprint of love he left behind.